User Manual

Af-2
Belangrike Inligting
Die vertoonvensters en ander illustrasies (soos byvoorbeeld die sleutel
aanduidings) wat in die Gebruikersgids gebruik word is net ter illustrasie
en kan ietwat verskil van hoe dit op die werklike sakrekenaar is.
Die inhoud van hierdie Gebruikersgids kan sonder kennisgewing verander
word.
CASIO Computer Co. Ltd. kan nie verantwoordelik gehou word vir spesiale,
kollaterale, toevallige of voortspruitende skade rakende die aankoop en/of
gebruik van die produk en ander items wat saam met die produk kom deur
enige party nie.
Maak seker dat alle gebruikers dokumentasie gebêre word vir toekomstige
gebruik en verwysing.
Voorbeelde van Bewerkings
Voorbeelde van bewerkings sal in hierdie handleiding aangedui word deur ‘n
ikoon. Tensy anders vermeld word aanvaar dat voorbeelde van bewerkings
die in aanvanklike verstek ordening (default setup) gedoen word. Gebruik die
prosedure soos uiteengesit onder “Begin Werk met die Sakrekenaar” om na
die verstek ordening van die sakrekenaar terug te keer.
Vir inligting rakende B, b, v en V aanduidings wat in die
voorbeelde aangedui word, raadpleeg “Konfigureer Sakrekenaar Ordening
(Setup)”.
Begin Werk met die Sakrekenaar
Volg die volgende prosedure om met die sakrekenaar te begin werk en
terug te keer na die oorspronklike berekenings mode en verstek ordening.
Neem kennis dat hierdie prosedure ook alle data wat in die geheue van die
sakrenaar is verwyder.
!9(CLR) 3(All) =(Yes)
Veiligheidsmaatreëls
Battery
Hou batterye buite die bereik van klein kindertjies.
Gebruik slegs die tipe battery wat voorgeskryf is in die handleiding vir
die sakrekenaar.
Hantering Voorsorgmaatreëls
Die batterye moet ten minste elke twee jaar vervang word, selfs al
werk die sakrekenaar nog.
‘n Dooie battery kan lek, die sakrekenaar beskadig en dit verkeerd laat
werk. Moet nooit ‘n dooie battery in die sakrekenaar los nie. Moenie die
sakrekenaar gebruik as die battery dood is nie.
Die battery wat saam met die sakrekenaar by aangekope ingesluit is sal
effens ontlaai word gedurende verpakking en versending. Vervanging
van die battery kan dus vinniger as wat verwag word moet gebeur.
Moenie ‘n oxyride battery* of enige ander nikkelbasis primêre battery
met hierdie produk gebruik nie. Die produk en sulke batterye is nie
aanpasbaar nie en kan tot skade aan die battery en die produk lei.