User Manual

Af-3
Vermy die gebruik en stoor van die sakrekenaar in plekke waar
temperature baie hoog is en/of waar hoë vlakke van humiditeit of stof
teenwoordig is.
Moenie die sakrekenaar aan baie hoë vlakke van druk of stampe
blootstel nie en moenie die sakrekenaar buig nie.
Moet nooit die sakrekenaar uitmekaar haal nie.
Gebruik ‘n sagte, droë lap om die buitekant van die sakrekenaar skoon
te maak.
Wanneer die sakrekenaar of batterye onklaar raak, maak seker dat
daar binne die wette en regulasies van u omgewing opgetree word.
* Maatskappy en produk name wat in die handleiding gebruik word kan
geregistreerde handelsname of die handelsname van die onderskeie
verskaffers wees.
Verwydering van Deksel (Omhulsel)
Voordat die sakrekenaar gebruik word, skuif
die deksel (omhulsel) afwaarts om dit te
verwyder. Skuif dit daarna oor die agterkant
van die sakrekenaar soos wat in die illustrasie
aandui
Skakel die Sakrekenaar aan en af
Druk O om die sakrekenaar aan te skakel.
Druk 1A(OFF) om die sakrekenaar af te skakel.
Outomatiese afskakel
Die sakrekenaar sal na ongeveer 10 minute of 60 minute outomaties
afskakel as jy dit nie gebruik nie. Verwys na “Konfigureer Sakrekenaar
Ordening (Setup)” vir meer detail. Indien dit gebeur druk die O sleutel om
die sakrekenaar weer aan te skakel.
Verandering van die Vertoon Kontras
Om die CONTRAST skerm te vertoon voer die volgende sleutel operasies
uit: 1N(SETUP) c7( ]CONT '). Gebruik nou die d en e om die
kontras te stel. Wanneer die verlangde kontras bereik is, druk A.
Belangrik: Indien die verandering in kontras nie die sigbaarheid van
die skerm verbeter nie, is die batterye waarskynlik pap. Vervang dan die
batterye.
Sleutel Aanduidings
Deur 1 of S gevolg deur ‘n tweede sleutel te druk
sal die alternatiewe funksie van die tweede sleutel
uitvoer.
Hier volg ‘n verduideliking van die verskillende kleure vir
die alternatiewe funksies van die sleutel teks:
sin
–1
D
s
Alternatiewe funksie
Hoofsleutel funksie
sin
–1
D
s
Alternatiewe funksie
Hoofsleutel funksie